IMF-hoof vir geldverduistering ondersoek
2011-08-16 19:55
Parys – ‘n Ondersoek na moontlike geldverduistering
deur die nuwe IMF-hoof Christine Lagarde is geloods.
Die ondersoek kan tot ‘n kriminele klag teen
Lagarde lei.
Sy word beskuldig van “medepligtigheid in vervalsing” en
“medepligtigheid in die misbruik van openbare fondse”.
Die wetgewende hof in Frankryk het drie
landdroste aangestel om die saak te ondersoek.
Indien sy skuldig bevind word, kan sy tot 10
jaar tronk toe gaan én ‘n boete van $212 000 (sowat R1.5 miljoen) opgelê word.
Lagarde het die aantygings teen haar ontken.
Die aantygings spruit uit ‘n massiewe uitbetaling wat sy
in 2008 aan ‘n omstrede magnaat gemaak het toe sy nog minister van finansies
was.
Sy het openbare fondse gebruik vir die
uitbetaling.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA