IMF-hoof in berugte NY-tronk toegesluit
2011-05-17 12:28
Kaapstad – Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), Dominique Strauss-Kahn, het die luuksheid van top-hotelle ingeruil vir New York se berugte Rikers Island-tronk nadat hy terug in aanhouding geplaas is.
Strauss-Kahn (62 ) is Maandag borgtog geweier en na die tronk geneem nadat hy in ‘n hof in Manhattan, New York, verskyn het, het Sky News berig.
Hy het juis ‘n paar dae voor sy inhegtenisneming in die Sofitel-hotel teen $3 000 (sowat R21 000) per aand gebly.
Strauss-Kahn het Maandag sy eerste hofverskyning gemaak op aanklag dat hy probeer het om ’n 32-jarige skoonmaker in ’n hotel in Manhattan te verkrag.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.