‘Hy sou haar nooit probeer vermoor’

2011-10-27 09:04
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Sean Davison se verhaal is die hartseerstorie van ’n seun wat na sy ma in ’n moeilike tyd omgesien het, het ’n Nieu-Seelandse hof gister gehoor.

Davison se regsverteenwoordiger het gister sy saak in die hooggeregshof in Dunedin gestel, waar sy kliënt op ’n aanklag van poging tot moord op sy ma teregstaan.

Die verhoor het gister begin.

Davison het in 2009 in die boek Before We Say Goodbye beskryf hoe sy ma, Patricia Ferguson, hom gevra het om haar te help sterf. Sy was ’n afgetrede psigiater en algemene praktisyn en in 2004 is terminale, verspreide kolonkanker by haar gediag­noseer.

Nieu-Seeland het ’n juriestelsel en Davison sal sy saak voor 12 jurielede – agt vroue en vier mans – stel.

“Davison was ’n liefdevolle en toegewyde seun wat na sy ma omgesien het.

“Sy verweer is eenvoudig dat hy nooit sou probeer het om sy ma te vermoor, leed aan te doen of enigiets teen haar wil te doen nie,” het Roger Laybourne, vir Davison, volgens die Otago Daily Times aangevoer.

Twee verpleërs en ’n dokter is gister as getuies geroep om meer lig op die omstandighede kort voor die dood van Davison se ma te werp.

Volgens The Southland Times het die verpleërs getuig dat Davison dit nooit met hulle bespreek het dat hy ingegryp het om sy ma se dood vinniger te laat gebeur nie.

Die dokter het oor Ferguson se vinnige agteruitgang getuig. Volgens hom het Ferguson “tong in die kies”-opmerkings gemaak oor haar begeerte om ’n oordosis pille te drink, wat haar oorlede man vir haar gelos het, of om soos die skrywer Virginia Woolf te verdrink.

Robin Bates, staatsaanklaer, het gesê ’n kritieke paragraaf in die boek is waar Davison oor sy ma se noodlot skryf “dat dit nie in haar hande was soos wat sy beplan het nie, maar in myne”, hoe hy morfien by haar mond gehou het om te drink, hoe sy geen moeilikheid gehad het om te sluk nie, en hoe hy dan net “gewag en gehoop het” omdat hy geweet het hoe verpletterd sy ma sou wees indien sy weer sou wakker skrik.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: nieu-seeland  |  hofsake

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 R32 3.2 5-dr DSG
2007
R 356,000.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 119,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.