Hy is dood, lewend, dood
2009-08-26 17:43
Lorca- Die naasbestaandes van ‘n man wat gesterf het, het daarop aangedring dat dokters weer moet bevestig of hulle geliefde werklik dood is.
Dit kom nadat die man se liggaam verskeie ure na sy dood steeds nie kleur verloor het nie.
Die 70-jarige man het weens ‘n hartaanval gesterf. Tydens sy lykskouing in die stad van Lorca, Spanje, het die familie agtergekom dat die oorledene steeds ‘n gesonde pienk kleur aan sy wange gehad het.
Volgens ‘n woordvoerder van die lykshuis het hulle dadelik ‘n dokter ontbied. Hy het bevestig dat die man wel dood was.
Die pienk gloei van sy wange was te danke aan sy pasaangeër wat steeds gewerk het, ten spyte van die feit dat hy reeds dood was.
–Sapa, AP