Humanitêre krisis oorweldig Pakistan

2010-08-03 07:28
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Peshawar (Pakistan) – Kommer het Maandag toegeneem oor die 2,5 miljoen mense wat geraak word deur die ergste vloede in dié land in 80 jaar.

Moesonreëns het tot dusver die lewens van 1 300 mense geëis.

Die swaar reëns het vloede en grondstortings veroorsaak, duisende huise weggevee en landbougrond vernietig in een van die land se mees armoedige streke.

Beamptes het gewaarsku dat die tekort aan drinkwater tot die verspreiding van siektes lei, insluitend cholera, en gesê hulle werk daaraan om mense uit gebiede soos die Swat-vallei te vlieg.

Syed Zahir Ali Shah, minister van gesondheid in die noordwestelike provinsie Khyber Pakhtunkhwa, skat dat sowat 100 000 mense – meestal kinders – siektes soos gastroënteritis onder lede het.

By ’n kamp wat deur die weermag vir nagenoeg 640 families in Nowshehra opgerig is, is voertuie wat kos en drinkwater gebring het deur vroue en kinders oorval. “Ons het pasiënte met trauma, gastroënteritis, velsiektes en dehidrasie,” het ’n dokter, Shoaib Mohammed, aan AFP gesê.

Die hoofminister van die provinsie, Amir Haider Hoti, het aan verslaggewers gesê die vloede is “ongekend” en gewaarsku dat dit tot 10 dae mag neem om die getal sterftes en vlugtelinge te bepaal.

Die sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki-Moon, het ’n hulppakket van $10 miljoen (sowat R73,4 miljoen) vir humanitêre verligting belowe en gesê hy is “diep bedroef” deur die vloede. Amerika het hulp van $10 miljoen (sowat R72,8 miljoen) aangebied, asook helikopters en bote. China het belowe om $1,5 miljoen (R11 miljoen) by te dra.

Pakistan se weerdiens het neerslae van tot 200 mm vir die volgende weke voorspel in die noordweste, die Pakistan-beheerde Kasjmir, die sentrale provinsie Punjab en Sindh in die suide. ’n Woordvoerder vir Sindh, Mazhar Siddiqui, het gesê die provinsie is op gereedheidsgrondslag weens vrese dat tot 150 000 mense ontwortel kan word weens die vloede.

- Sapa - AFP

Lees meer oor: vloede  |  sterftes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 R32 3.2 5-dr DSG
2007
R 356,000.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 119,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.