Hulp vir ses miljoen grootste ooit – VN

2010-08-11 06:54
Tweets Share Share line Print

Genève. – Die Verenigde Nasies sal vandag ’n beroep om interna­sionale hulp doen om dringende bystand aan minstens ses miljoen vloedgeteisterde mense in Pakistan te verleen.

Intussen het pres. Asif Ali Zardari van Pakistan gister te midde van skerp kritiek na die land teruggekeer uit Europa.

Die bystandsprojekte in Pakistan sal waarskynlik die grootste in die geskiedenis van die VN se wees, met ses miljoen mense wat deur ’n krisis om oorlewing in die gesig gestaar word.

“Ons fokus op mense wat direkte humanitêre bystand nodig het,” het Elisabeth Byrs, woordvoerder, Dinsdag gesê.

Sy het gesê die groter getal van 14 miljoen hulpbehoewendes mense wat regstreeks en onregstreeks deur die oorstromings geraak word, is deur die Pakistanse regering verskaf.

Dit is meer as die die som van al die onlangse groot natuurrampe – die Indiese Oseaan-tsoenami in 2004, en die aardskuddings in Pakistan in 2005 en Haïti vanjaar.

In Pakistan se reaksie op die ergste oorstromings in mense- heugenis in die land is sowel onmiddellike behuisingsnood as toekomstige verliese in die landboubedryf in ag geneem.

Elders het die Pakistanse Taliban, wat verbind word me die terreurgroep Al-Kaida, ’n beroep op die regering gedoen om nie Westerse hulp te aanvaar nie, aangesien dit die aanvaarding van “Westerse agenda” sou beteken.

John Holmes, adjunksekretaris van humanitêre aangeleenthede van die VN, sal vandag amptelik die internasionale beroep om hulp in New York doen.

Die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, het Maandag aangedui dat die VN vir hulp van verskeie honderdmiljoen dollars (miljarde rand) sal vra.

Die omvang van die verwoesting wat deur die moesonreëns veroorsaak is stel tans eise aan hulpagentskappe wat hulle amper tot breekpunt bring, het André Mahecic, ’n woordvoerder vir die VN se hoë kommissaris vir vlugtelinge, gesê.

Afgaanse vlugtelinge is ook erg geraak, aangesien 1,4 miljoen van die 1,7 miljoen geregistreerde Afgaanse vlugtelinge in Pakistan in die gebiedeis wat die ergste getref is.

Intussen is baie gebiede slegs met donkies bereikbaar, terwyl honderdduisende mense kos en skoon water nodig het. Helikopters word ook deur slegte weer geraak en padverbindings is oral verwoes.

Volg Nuus24 op Twitter

- Sapa - AFP

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 R32 3.2 5-dr DSG
2007
R 356,000.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 119,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.