Gouelokkies toe blonde boef
2010-06-21 14:18
Wellington - 'n Blonde inbreker met poniesterte het kos geëet, alkohol gedrink, klere aangepas en toe die bed in 'n huis in Nieu-Seeland gevind.
Maar die huiseienaar was nie in sy skik toe hy 'n hedendaagse "gouelokkies" in sy bed gevind het nie, en die polisie gebel.
Vanessa Joy Long (39) het Maandag in die hof skuldig gepleit en gesê sy kan nie onthou wat op 5 Junie gebeur het nie.
Die regter het 'n proefverslag aangevra om vas te stel of Long geskik is vir huisarres en kan boet vir haar dade.
Die skade beloop $1,064 (sowat R7935).
Sy is op borgtog vrygelaat en vonnisoplegging is op 1 September.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP