Hou aan jul klere meisies, sê Ysland
2010-03-25 14:53
Reykjavik – Ysland se parlement het gestem om ontkleedanse te verban en dit ‘n oortreding gemaak vir enige besigheid om ‘n wins te maak uit werkers se naaktheid.
Hierdie verbod is Dinsdagnag ingestel.
Ontkleedanse was reeds streng gereguleer in Ysland en slegs ‘n handjievol klubs het dit toegelaat.
Kolbrun Halldorsdottir, ‘n voormalige wetgewer, het die wet voorgestel.
“Dit is nie aanvaarbaar vir vroue, of enige iemand anders, om as ‘n produk verkoop te word nie,” het hy aan die uitsaaier RUV gesê.
Konstitusioneel het Ysland liberale waardes, maar het ook ‘n streng vrouebeweging. Amper die helfte van die land se wetgewers is vroue.
- AP