Hospitaalwerker skeur pasiënte se toonnaels af
2011-12-08 22:58
Tokio – ‘n Japanse hospitaalwerker is vir drie jaar tronk toe gestuur nadat sy bejaarde pasiënte se toonnaels
afgeskeur het.
Akemi Sato, wat as ‘n assistent by die
Kyoto-hospitaal gewerk het, het die toonaels van vier pasiënte wat aan demensie
ly, afgeskeur.
Van haar slagoffers was in hul 90’s toe die 38-jarige
hospitaalwerker haar frustrasies op hulle uitgehaal het.
Tydens haar vonnisoplegging in die distrikshof
in Kioto, het die hof gemeld dat dit die tweede keer is wat sy haar aan dié
misdaad skuldig maak.
“Sy het haar frustrasies op swak pasiënte wat
hulself nie kon verdedig nie, uitgehaal,” het regter Akiyoshi Sasano gesê.
Sato is in 2006 tot drie jaar en agt maande tronkstraf gevonnis nadat sy 49 pasiënte se vinger- en toonnaels afgeskeur
het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA