Hospitaal-skieter deur polisie doodgeskiet
2010-09-17 02:02
Baltimore – Polisie in Baltimore het bevestig dat die man wat ‘n dokter by die Johns Hopkins Hospitaal in Baltimore geskiet het en homself toe in ‘n kamer toegesluit het, doodgeskiet is.
Volgens polisie-woordvoerder Anthony Guglielmi is die man Donderdagmiddag deur die polisie doodgeskiet.
Die dokter, wat in die maag geskiet was, is ingeneem om geopereer te word en sal na verwagting oorleef.
Guglielmi het bygevoeg dat hy nie geweet het wat die verhouding tussen die gewapende man, wat glo in sy dertigs was, en die dokter is nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA