Hoof van IMF vas ná beweerde seks-aanval
2011-05-15 10:16
New York – Dominique Strauss-Kahn, voorsitter van die Internasionale Monetêre Fonds, is in hegtenis geneem op aanklagte van ondermeer poging tot verkragting nadat hy daarvan beskuldig is dat hy 'n hotelwerker sy 'n hotel in Manhattan, New York, seksueel aangerand het.
Strauss-Kahn is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy van 'n Air France-vlug verwyder is.
Paul Browne, 'n polisiewoordvoerder, het gesê Strauss-Kahn het die hotel verlaat nadat die 32-jarige huishoudster uit sy luukse suite ontsnap het.
"Die vrou het aan die polisie gesê sy wou die kamer gaan skoonmaak toe Strauss-Kahn naak uit die badkamer kom."
Sy het verder gesê hulle het 'n gewelddadige struweling gehad, waarna hy haar gedwing het om orale seks met hom te hê. Strauss-Kahn het toe glo probeer om die vrou se klere uit te trek voor sy losgebreek en gevlug het.
Benjamin Brafman, 'n prokureur wat Strauss-Kahn verteenwoordig, het gesê sy kliënt gaan onskuldig pleit, berig Reuters.
Strauss-Kahn sal na verwagting aangekla word van 'n kriminele seksuele daad, poging tot verkragting en onwetltige aanhouding.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP