Hongkong verbied stilstaande, aangeskakelde motors
2011-12-15 14:03
Hongkong – Hongkong het Donderdag ‘n verbod op stilstaande motors wat se enjins aangeskakel is, geplaas in ‘n poging om lugbesoedeling te verminder.
Volgens die nuwe wet, as bestuurders hulle enjins vir langer as drie minute laat loop terwyl die voertuig stilstaande is, kan hulle beboet word met tot 320 Hongkong dollars (sowat R350).
Verkeersbeamptes sal die wet toepas en saam met omgewingsbeskermings-beamptes in sekere omgewings werk, het Mok Wai-cheun, ‘n regeringsbeampte, gesê.
Daar sal ‘n een maand lange grasietydperk wees voordat boetes opgelê gaan word. Dit beteken dat bestuurders slegs tot middel Januarie 2012 waarskuwings sal kry.
Lugbesoedeling in Hongkong het in die afgelope 15 jaar verskriklik erg geword. Op mistige dae is dit onmoontlik om vir verder as ‘n kilometer in die stad te sien.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA