Honger varke val 71-jarige vrou aan
2011-10-19 22:52
Skopje – Die staatstelevisie in Macedonië het berig dat
‘n 71-jarige vrou ernstig beseer is toe sy deur ‘n trop honger varke aangeval
is.
Die vrou se kakebeen en linkerarm is gebreek
en haar maermerrie is ernstig beseer.
Volgens die mediaberigte is die vrou op hul
plaas naby die suidelike stad Bitola deur ‘n trop van sowat 50 honger varke
aangeval.
Die varke was self lanklaas gevoer toe sy by
die varkhok ingaan om ‘n varkie vir die kospotte te vang.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP