Hongarye sny aantal erkende gelowe
2011-07-12 19:51
Boedapest – Hongarye gaan die aantal erkende gelowe in dié
land drasties sny, alhoewel ander gelowe die kans gegun sal word om om
erkenning aansoek te doen.
Op die oomblik geniet meer as 300 gelowe in Hongarye
amptelike status.
Die regering is van plan om dié getal na 14 te
sny.
Die wetgewing is met die ondersteuning van amptenare
van premier Viktor Orban's se Fidesz-party deurgevoer.
Die konserwatiewe Fidesz-party het ‘n
twee-derde meerderheid in die parlement.
Erkende gelowe sluit in die Katolieke,
Hervormde, Evangeliese en Ortodokse Kerke, sowel as Judaïsme.
Gelowe wat nié amptelik erken word nie, sal
die geleentheid hê om om erkenning aansoek te doen.
Dié gelowe sal minstens twee derdes van die
LP’s se ondersteuning moet ontvang vir amptelike erkenningstatus.
Godsdienstige gemeenskappe ontvang slegs
staatshulp indien hul amptelik deur die Hongaarse regering erken word.
Volg Nuus24 op Twitter.