Hong Kong: ‘Tweeling te koop’
2010-05-21 05:27
Hong Kong – Polisie in Hong Kong het Donderdag bevestig hulle ondersoek ‘n saak waar ‘n tweeling te koop aangebied was op ‘n webtuiste vir uitgewekenes.
Die advertensie het op die blad vir ‘free stuff’ op die webwerf GeoExpat verskyn, tesame met meubels soos tafels en sitbanke en sal aan die koper gaan met die ‘beste aanbod.’
Daar word beweer dat die gestremde tienerma van die tweeling die advertensie geplaas het. Sy het foto’s van die tweeling ingesluit en dit onder die hofie ‘Aanneming – baie mooi babaseun en meisie’ laat verskyn.
Die advertensie het selfs die agt maande oue babas verder beskryf en gesê hul gesondheid is uitstekend en dat hul ma vir hulle ‘n lifelike huis en familie wil gee.
Dei advertensie is aan die polisie gerapporteer deur ‘n vrou wat een van 1200 mense was wat die advertensie gelees het, sedert dit Sondag geplaas is.
GeoExpat het glo onmiddellik die advertensie verwyder.
- Sapa-dpa
Volg Nuus24 op Twitter.