Honderde siek ná chloorgas-lekkasie
2011-07-13 13:08
Bagdad – Gesondheidsbeamptes sê honderde mense is siek nadat ‘n chloorgas-lekkasie in Bagdad, Irak, voorgekom het.
Beamptes sê die lekkasie volg ná ‘n ontploffing by ‘n watersuiweringsaanleg.
Dr. Ali Bustan al-Fartousi, bestuurder van die Rusafa-gesondheidskantoor in die ooste van die hoofstad, sê niemand is dood in Dinsdagaand se voorval nie.
Hy sê amper almal wat behandel is, is uit die hospitale ontslaan.
Dr. Ziyad Tariq, woordvoerder vir die departement van gesondheid, sê 700 mense het siek geword. Hy sê hulle is behandel nadat hulle die giftige lug ingeasem het.
Veiligheidsbeamptes sê ‘n meganiese probleem by die wateraanleg het tot die ontploffing gelei.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP