Honderde beseer ná trein in versperring vasjaag
2012-02-22 17:50
Buenos Aires – Honderde passasiers is beseer toe ‘n volgelaaide trein Woensdagoggend in Buenos Aires in die versperring aan die einde van die spoor vasgery het.
Die passasierstrein het glo te vinnig ingery en het die versperring aan die einde van die platform getref.
Die voorkant van die enjin en die eerste treinwa, waar passasiers gewoonlik plek maak vir fietse, is in die ongeluk vermorsel.
Oorlewendes het aan die TeleNoticias-kanaal gesê dat baie mense beseer is as gevolg van die impak.
Meer as 300 mense is beseer en duisende is steeds in die trein vasgekeer, het Alberto Crescenti, die direkteur van Buenos Aires se mediese nooddienste, aan Radio la Red gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA