Honderde Nazi-ondersoeke word heropen
2011-10-05 10:06
Berlyn – Duitse aanklaers het honderde dormante ondersoeke van voormalige wagte by Nazi-kampe en talle ander mense heropen en hulle kan nou aangekla word onder ‘n nuwe presedent wat gestel is deur die skuldigbevinding van ‘n afgetrede Amerikaner, John Demjanjuk.
Demjanjuk, wat nou 91 jaar oud is, is in Mei skuldig bevind aan 28 060 aanklagte.
Hy is daarvan aangekla dat hy ‘n medepligtige in die Nazi-moorde was omdat hy ‘n wag by die Sobibor-doodskamp in Pole was terwyl dit deur die Nazi’s beset was.
Dit was die eerste keer wat aanklaers iemand in ‘n Nazi-era-saak kon skuldig bevind sonder direkte bewyse dat die verdagte deel was van ‘n spesifieke moord.
Kurt Schrimm, hoof van die aanklaers-kantoor wat Nazi-misdade ondersoek, sê hy kyk nou na ander moontlike verdagtes wat steeds lewend kan wees en aangekla kan word sodra Demjanjuk se appèl aangehoor is.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP