Honde val bejaarde aan; eienaars in hegtenis
2011-06-30 20:57
San Diego (Amerika) – Die owerhede het die eienaars van twee Amerikaanse Veghonde (pitbulls), wat ‘n 75-jarige vrou aangeval en lelik gebyt het, in hegtenis geneem.
Die vrou is só erg gebyt dat haar been onder die knie afgesit moes word.
Alba Cornelio (39) en Carla Cornelio (19) is Woensdag in hegtenis geneem deur dierebeheer-beamptes in die gebied. Hulle was Donderdag steeds in aanhouding en kan aangekla word van die eienaarskap van honde wat ernstige liggaamlike skade aangerig het.
Volgens die owerhede het die honde deur ‘n gat in ‘n heining geklim en Emako Mendoza op 18 Junie in die Paradise Hills-gebied aangeval. ‘n Ondersoek het getoon dat die honde oor die Kerstyd verlede jaar ‘n ander persoon ook aangeval het.
Die honde is uitgesit.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP