Hond verskeur meisie (4) in Aus
2011-08-18 12:24
Melbourne – ‘n Vierjarige meisie is deur ‘n pitboelterriër in dié Australiese stad verskeur terwyl twee ander mense in die aanval beseer is.
Volgens die polisie is Ayen Chol se Soedannese familie geskok deur die aanval.
Chol het Woensdagaand op die toneel gesterf nadat die hond by die huis ingegaan het waar sy en haar vyfjarige niggie gespeel het, het die polisie vertel.
Die hond het die niggie in die gesig gebyt.
‘n Ander niggie is op haar arms en hande gebyt terwyl sy probeer het om die hond tydens die aanval weg te jaag.
Beide niggies is in ‘n stabiele toestand na ‘n hospitaal gejaag.
Supt. Graham Kent sê die polisie probeer vasstel of enige misdryf gepleeg is.
“Ons fokus in hierdie stadium is om uit te vind wat gebeur het...”
Die hond, wat aan een van die bure behoort, sal na verwagting uitgesit word.
Die familie, wat in 2004 na Australië verhuis het, word deur die plaaslike Soedannese gemeenskap ondersteun.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP