Hond byt man se toon af, red dalk sy lewe
2010-08-04 13:13
Rockfor, Michigan – ‘n Amerikaanse man sê hy is dankbaar sy hond het meeste van sy toon afgekou terwyl hy dronk was en aan die slaap geraak het.
Jerry Douthett sê Kiko se aksie het gehelp om ‘n ongediagnoseerde diabetiese toestand te onthul wat daartoe gelei het dat hy behandeling ontvang wat sy lewe kan red.
Die Grand Rapids Press berig dat die 48-jarige musikant al vir ‘n hele ruk weet iets is fout met sy voet.
Hy wou nie mediese behandeling ontvang nie, tot sy verpleegster-vrou hom gedruk het om behandeling te kry.
Voor hy dokter toe is, is hy uit en het toe huis toe gekom en aan die slaap geraak.
Toe hy wakker word, was die terriër langs hom in die bed en baie bloed waar sy toon was.
Sy vrou het hom na die Spectrum Health Blodgett Campus gehaas, waar dokters hom met ‘n beeninfeksie gediagnoseer en die res van sy toon geamputeer het.
Volg Nuus24 op Twitter
- AFP