Hond, bal, weggooidoek in krokodil se maag gevind
2012-05-16 14:30
Australië – Veldwagte wat 'n soutwater-krokodil doodgeskiet nadat dit diere in die noordelike deel van Australië geteister het, het 'n hond, 'n kortbroek, voetbal en 'n weggooidoek in sy maag gevind, het 'n berig Woensdag bekendgemaak.
Die polisie het owerhede onlangs in kennis gestel van 'n krokodil wat minstens een hond geëet het en na ander by 'n strand naby die gemeenskap van Galiwinku gehap het.
Volgens die Northern Territory News het veldwagte wat Dinsdag na die gebied gegaan het, gesien hoe die dier van 3,5 m 'n hond aan sy been gryp. Hulle het toe die krokodil geskiet.
Behalwe dat hulle die oorblyfsels van die hond in die krokodil se maag gevind het, het hulle ook ander items gevind.
Souwater-krokodille, wat tot sewe meter lank kan groei en meer as 'n ton kan weeg, kom algemeen in Australië se noorde voor.
Minstens twee mense word jaarliks deur dié krokodille doodgemaak.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP