Hollandse priester geskors ná hy kerk oranje versier
2010-07-17 01:24
Den Haag – ‘n Priester wat die wêreld aan die gons gehad het nadat hy ‘n oranje kerkdiens gehad het om vir die Nederlandse span in die Wêreldbeker-eindstryd teen Spanje te bid, is deur die biskop van Haarlem geskors.
Volgens die biskop het Paul Vlaar se stampvol diens in die dorpie van Obdam, noord van Amsterdam, “nie die heilige aard van die Nagmaal tot sy reg gebring nie.”
Vlaar het ‘n oranje toga gedra en die kerk met oranje vlae versier.
Tydens die diens het hy gemaak asof hy ‘n doelwagter is toe ‘n gemeentelid ‘n sokkerbal by die gang af geskop het.
Vlaar was nie Vrydag vir kommentaar beskikbaar nie.
Volgens Win Bijman, adjunk-voorsitter van die gemeente, is die dorpie geskok en teleurgesteld deur die gewilde priester se skorsing.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP