Hoë risiko van terreuraanvalle in Brittanje
2010-10-06 22:22
Parys – Die ministerie van buitelandse sake in Frankryk het reisigers gewaarsku dat daar ‘n hoë risiko van terreuraanvalle in Brittanje is.
Hulle het reisigers gevra om baie versigtig te wees wanneer hulle die besige toeriste-areas besoek.
‘n Boodskap wat laat Dinsdag op die ministerie se webwerf geplaas is, het gesê Britse amptenare glo “dat die vlak van terrorisme-dreigemente baie hoog is in die Verenigde Koninkryk en dat die risiko van ‘n aanval baie waarskynlik is.”
In die boodskap stel hulle voor dat reisigers in Brittanje “besonders waaksaam is op publieke vervoer en by besige toeriste-bestemmings.”
Frankryk het geen ander waarskuwings rakende ander Europese lande uitgereik nie.
Frankryk en talle ander lande in Europa is onlangs meer waaksaam nadat dreigemente van terroriste-aanvalle in Europa aan die lig gekom het.
Die Franse waarskuwing is uitgereik voordat gewapende mans Woensdag met ‘n vuurpyl op ‘n kovooi in Yemen, waarin Brittanje se nommer twee diplomaat gery het, geksiet het en waarin vier mense beseer is.
In ‘n aparte voorval in Yemen het ‘n gewapende man ‘n Franse burger wat vir ‘n Oostenrykse olie en gasmaatskappy, OMW werk, doodgeskiet.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP