Hitler se skilderye te koop
2009-08-20 15:55
Berlyn - Drie waterverf-skilderye, geteken deur Adolf Hitler word aanstaande maand in Nuremberg in die suide van Duitsland opgeveil.
Die skilderye veteenwoordig tonele waar Nazi-oorlogmisdade jare later sou plaasvind, het ‘n plaaslike koerant berig.
Die skilderye, wat onderskeidelik in 1910 en 1911 geverf is, is getiteld, "Zerschossene Muehle" (’n Beskadigde watermeule),"Weissenkirchen in der Wachau", (‘n Oostentykse dorpie) en "Haus mit Bruecke am Fluss" "Huis met ‘n brug oor ‘n rivier), het Nuernberger Nachrichten berig.
Die bod begin op €3,000 (R33 990), volgens die katalogus van die Weidler-veilinghuis.
Hitler het as ‘n jong man aspirasies gehad om 'n skilder te word en hy het selfs vir 'n plek by die Weense Akademie vir Kuns aansoek gedoen.
Sy aansoek was egter afgekeur en hy is gesê sy tekeninge is nie goed genoeg nie.
Hy is aangemoedig om argitektuur te studeer, maar hy het geweier om sy skilder-aspirasies te laat gaan en poskaarte geteken wat hy aan toeriste verkoop het vir 'n inkomste.
- Sapa-AFP