Hitler-foto's in 3D beskikbaar
2011-09-16 17:58
Berlyn – ‘n Nuwe versameling foto’s van Adolf
Hitler, wat in 3D-formaat afgeneem is, is nou in Duitsland te koop.
“The Face of the Dictatorship: the Third Reich
in 3D” is deur die historikus en joernalis, Ralf Georg Reuth saamgestel en
bestaan uit sowat 100 foto’s van Hitler, Nazi-soldate en sleutel-gebeurtenisse
van die era.
Die boek, wat deur Pendo gepubliseer word,
word met ‘n spesiale 3D-bril verkoop.
Die outeur het ‘n versameling van amper 7 000
3D-foto’s wat deur Hitler se persoonlike fotograaf, Heinrich Hoffmann geneem
is, in die argiewe van die Nasionale Biblioteek
in München opgespoor.
“Die eerste 3D-foto-album van die Nazi’s is in
1936 gepubliseer.
“Daarna is so te sê elke oorwinning met ‘n
publikasie van 3D-foto’s gevier,” het Reuth vertel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP