Hillary troos Haïti

2010-01-18 09:51
Tweets Share Share line Print

Port-au-Prince - Hillary Clinton, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het ontredderde inwoners van Haïti die naweek getroos dat Amerika seker sal maak dat die land “beter en sterker” is na die aardbewingtragedie.

“Ons (Amerika) sal vandag, môre en in die toekoms hier wees,” het Clinton, wat Saterdag in Haïti aangekom het, gesê.

Intussen het ’n Suid-Afrikaanse reddingspan gister om 03:00 Suid-Afrikaanse tyd in Haïti aangekom. Die span het reeds Donderdag daarheen vertrek, maar hul vlug is vertraag weens skade aan ’n lughawe in Haïti.

Die Suid-Afrikaners moes saam met 41 ander reddingspanne, waaronder drie van Amerika se weermag, wag. Die Suid-Afrikaanse span is 40 lede sterk en bestaan hoofsaaklik uit mediese personeel en ingenieurs. Hulle het 10 ton soek- en reddingsmateriaal saamgeneem, asook mediese voorrade.

Die Tshwane-metroraad en die organisasie Gift of the Givers stuur ook reddingspanne na Haïti. Intussen het beseerde aardbewingslagoffers Vrydagaand verslae toegekyk hoe dokters en verpleegsters ’n veldhospitaal verlaat. ’n Belgiese mediese span het dié gebied in Port-au-Prince ontruim nadat die Verenigde Nasies (VN) hulle glo aangesê het om dit te verlaat.

Dr. Geert Gijs, een van die personeellede wat by dié hospitaal gewerk het, het egter gesê as koördineerder van die span het hy opdrag gegee dat die span die hospitaal net Vrydagaand moes verlaat. Die besluit is glo geneem omdat dit nie meer veilig by die hospitaal was nie. Die onveilige toestande hou verband met gerugte van uitbarstings van geweld in die omgewing.

’n Kanadese span het die hospitaal ook Vrydagmiddag verlaat, maar die Belge was Saterdagoggend weer terug. Gijs het gesê die VN het beloof om Saterdagnag beveiliging te verskaf. Belgiese soldate sou na verwagting Sondagmiddag laat ook by die hospitaal opdaag om die mediese span te help beveilig.

 – Reuters, Sapa en CNN

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.