Herrie oor oorsaak van Air France-vliegramp

2011-05-20 08:05
Tweets Share Share line Print

Parys – Die uitvoerende hoof van Air France het Donderdag bespiegelings in die media verwerp oor die oorsaak van ’n vliegramp in 2009 en gesê dit is te vroeg om te sê wat die oorsaak was.

Pierre-Henri Gourgeon wou ook nie sê of die uitslag van ’n ondersoek op die vlugopnemers van die vliegtuig sy posisie as uitvoerende hoof van die Frans-Nederlandse moedermaatskappy, Air France-KLM, sal beïnvloed nie.

Al 228 insittendes op die Airbus 330 is dood toe die Air France-vliegtuig op 1 Junie 2009 in die Atlantiese Oseaan neergestort het terwyl dit van Rio de Janeiro na Parys onderweg was.

Die vlugopnemers is vroeër vandeesmaand opgespoor en word deur die Franse rampondersoekagentskap ondersoek.

Daar is teenstrydige mediaberigte oor die aanvanklike lesings van die data op die vlugopnemers.

Die koerant Le Figaro het vroeër vandeesweek vinger gewys na die bemanning van die vliegtuig, maar die radiostasie Europe1 het Donderdag  berig die bemanning is vrygespreek.

Die beampte wat in beheer van die ondersoek is, het Woensdag aan AFP gesê voorlopige ondersoeke van die vlugopnemers het die moontlikheid van enige “groot foutwerking” van die vliegtuig uitgesluit, maar klein foute was moontlik.

“Dis onmoontlik om aannames te maak oor enige vorm van verantwoordelikheid,” het Gourgeon Donderdag op ’n nuuskonferensie in Parys gesê.

“Kom ons wag totdat die kenners ’n duidelike boodskap gee voordat ons in een of ander rigting gaan en bespiegel.”

Gourgeon is gister deur die raad van Air France vir nog ’n vierjaartermyn aangestel. - Reuters

- Die Burger

Lees meer oor: vliegongelukke  |  air france

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.