Herrie oor hijab woed voort in Europa

2009-08-17 06:45
Tweets Share Share line Print

Leopold Scholtz

Brussel – ’n Warm debat oor pres. Nicolas Sarkozy se planne om die Islamitiese hijab in Frankryk te verbied woed nou al weke lank.

Die hijab is die gewaad wat vroue volgens die fundamentalistiese Islam moet dra. Dit bedek die hele liggaam en kop met net die oë wat uitsteek.

Sarkozy het einde Junie gesê aangesien Moslem-vroue meestal gedwing word om dit te dra, tas dit hul menswaardigheid aan. Hy het hulle “gevangenes agter ’n net” genoem en gesê dit neem hul identiteit weg.

Die Assemblée Nationale, oftewel die parlement, het toe ook ’n gekose komitee aangewys om die president daaroor van raad te bedien.

Een van Sarkozy se ministers, Fadela Amara, ’n Moslem-vrou van Algerynse afkoms, het pas heftig agter haar president ingeval. In ’n onderhoud met die Britse Financial Times het sy gesê die hijab verteenwoordig die “verdrukking van vroue”.

Sommige lande of munisipaliteite in Europa verbied Moslem-vroue wat in hul diens is selfs om ’n eenvoudige kopdoek te dra. Die rede is die skeiding tussen staat en kerk en die gevolglike feit dat die dra van enige godsdienstige simbool die staat se religieuse neutraliteit aantas.

Onder die oppervlak gaan dit egter oor veel meer as slegs ’n gewaad of vroue se waardigheid. Dit gaan oor wat die karakter van Europa moet wees. Luidens ’n berig in die Franse dagblad Libération het die Franse polisie in ’n verslag gesê dat “minder as 400” Moslem-vroue die hijab dra.

Bevryde Moslem-vroue sê die dra van die hijab is nie altyd vrywillig nie en dat Moslem-mans geweldige druk op hulle uitoefen om dit te dra. 

– Beeld

Lees meer oor: frankryk  |  geloof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.