Helfte van Assange se borgtog reeds ingesamel
2010-12-15 19:04
Londen – Die helfte van die geld wat benodig word om die WikiLeaks-stigter Julian Assange op borgtog vry te laat, is reeds ingesamel, het sy prokureur aan Sky News gesê.
Volgens Mark Stephens is £100 000 (sowat R910 000) uit die £200 000 (sowat R1,8 miljoen) wat as borgtog gestel is, reeds ingesamel.
Die geld moet in kontant bymekaargemaak word, as gevolg van die twis tussen WikiLeaks, Master Card en Visa, en die aanlyn-betaaldiens Paypal.
Assange is aangekla van seks-oortredings in Swede, te midde woede in Amerika oor die WikiLeaks webwerf wat geheime Amerikaanse dokumente gepubliseer het.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter