Hele EU ingesleep by Grieke se skuldtragedie

2011-06-19 09:01
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Europa staan dalk voor die grootste krisis in sy geskiedenis sedert 1945.

Indien Griekeland amptelik bankrot speel, of – nog erger – uit die eurosone moet padgee, kan hy groot dele van die Europese Unie (EU) met hom in die afgrond in saamsleep.

Vir alle praktiese doeleindes is Griekeland reeds bankrot. Jare lank het agtereenvolgende Griekse regerings stemme gekoop deur geld soos confetti rond te strooi. Dié praktyk haal hom nou in, want die staatskuld nader reeds 160% van die land se binnelandse nasionale produk.

Die EU en Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het reeds €110miljard aan Griekeland geleen. Dié geld is egter soos in ’n swart gat ingesluk, en ekonome meen ’n verdere €85 miljard word benodig. Boonop sal die Griekse staat besittings ter waarde van €30miljard moet verkoop en sy uitgawes met minstens 10% moet besnoei.

Die salarispakket vir die staatsdiens, met al sy tienduisende amptenare wat al dekades lank basies niks doen nie, moet met ’n derde verminder word.

Twee probleme, albei haas onoplosbaar, blokkeer dit alles egter.

Die eerste is dat die Grieke begryplikerwys gewoond geraak het aan die sagte verebed wat agtereenvolgende regerings vir hulle deur die uitspattige uitgawes gebied het. Die besnoeiings is dus pynlik; baie van hulle word nou in armoede gedompel of word werkloos.

En dus kom hulle in opstand. Woensdag het tienduisende mense in Athene betoog, en die parlementêre opposisie weier om saam met die regering te werk om ’n eenheidsfront te bewerkstellig.

Die land se premier, mnr. George Papandreou, het nou sy kabinet verander, maar dis ’n ope vraag hoe ver hy gaan kom.

Ten tweede skerm die EU-lidlande elkeen vir hul eie belange. Kiesers oor die hele vasteland is kwaad: Waarom moet húl belastinggeld gebruik word om die spandabelrige Grieke se bas te red?

En dus eis Duitsland en Nederland dat banke en private beleggers ’n deel van die pyn moet vat. Maar hul banke het reeds baie van die skuld deurverkoop, terwyl Frank-ryk, waar die banke kan seerkry, hom teen die Duitse/Nederlandse voorwaardes verset.

Die afgelope week het die EU-ministers van finansies lank in Brussel oor die saak vergader, maar kon nie ooreenstemming bereik nie.

Saterdag het The Guardian egter berig dat die waarnemende hoof van die IMF, die Amerikaner John Lipsky, besig is om die Duitsers se arm byna uit hul potjie te draai.

Die volgende weke sal wys wat gebeur. Maar as Griekeland omval, kan hy ’n groot deel van Europa met hom saamsleep.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: griekeland

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.