Heldersiende vrou ontdek verkeerde lyk
2010-08-12 12:39
Sydney – ‘n Heldersiende mens, wat gedink het dat die lyk van ‘n vermiste skoolmeisie van Sydney in ‘n parkie sou wees, het die bolyf van ‘n vermiste vrou op dié plek gevind, het die polisie Donderdag gesê.
Polisie het die familie van ‘n 31-jarige ma geskakel wat twee maande laas gesien is.
‘n Verband tussen die vrou en die lyk, wat geen kop, arms of bene gehad het nie, kon nie bevestig word nie.
Die lyk, wat in ‘n plastieksak toegedraai is, is in die parkie gevind.
Die heldersiende vrou was op soek na ‘n 6-jarige meisie wat twee weke lank vermis is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA