Heldersiende sit na hy meisie hipnotiseer vir seks
2010-12-15 22:47
Manchester - Die pa van twee dogters wat vermoedelik deur hul ma vermoor is, het tronkstraf gekry weens 'n reeks oortredings wat verband hou met seks met 'n minderjarige, berig Sky News.
Die heldersiende Martin Smith (45), wie se vrou Lianne aangekla is vir die moord op hul kinders in 'n hotel in Spanje, is Woensdag skuldig bevind op 11 seksverwante aanklagte in die Manchester Crown-hof.
Hy het glo 'n jong meisie gehipnotiseer voordat hy gemeenskap met haar gehad het. Smith het ook die meisie aangerand.
Die gruwelike dade het oor 'n tydperk van 10 jaar plaasgevind, vandat die meisie sewe jaar oud was.
Die hof het gehoor dat Smith sy slagoffer (nou in haar twintigs) geslaan en geboelie het totdat sy aan sy bevele oorgegee het.
In 2007 was hy in die televisiereeks Most Haunted te sien waar hy ondersoek instel in Brougham Hall, 'n plek wat glo spook.
Lees meer hier.