Hawelose verongeluk vliegtuig
2009-12-29 00:15
‘n Hawelose man van Maryland wou klaarblyklik die stad verlaat in ‘n gesteelde vliegtuig, maar het die enkelenjin-vliegtuig op die aanloopbaan verongeluk nog voordat hy kon opstyg.
Calvin Cox (51) word op borgtog van omtrent R75 000 aangehou.
Hy word aangekla van diefstal en oortreding.
Volgens luitenant Clark Pennington het polisiehonde die man in die nabygeleë woud uitgesnuffel nadat lughawe beamptes die ongeluk gerapporteer het.
Alhoewel Cox vliegtuie goed ken, weet hy nie genoeg om hulle self te vlieg nie, het Pennington gesê.
Die vliegtuig, wat aan die Mid-Atlantic Soaring Association behoort, se romp en propeller is beskadig.
- Sapa