Hasidiese Jood verdrink in die Oekraïne
2011-09-29 21:13
Kiev – ‘n Negentienjarige Hasidiese pelgrim het in die Oekraïne verdrink terwyl hy homself seremonieel as deel van die Joodse nuwejaarsvieringe gewas het.
Duisende pelgrims besoek tydens Rosh Hashanah, die Joodse Nuwejaar, die graf van ‘n 18de eeuse rabbi in Uman in die Oekraïne.
Ná ‘n biddiens in Umam in sentraal-Oekraïne, het ‘n groep Hasidiese pelgrims na ‘n meer gegaan om hulself seremonieel te was.
“Een van hulle het verdrink. Sy familie het hom uit die water getrek, maar hy was reeds dood,” het Petro Payevsky, adjunkhoof van die distriksadministrasie in Umam, gesê.
Hy het bygevoeg dat die meer nié geskik is vir rituele was-seremonies nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP