'Harde werk lê nog voor'

2010-11-10 07:48
Tweets Share Share line Print

Djakarta – Washington se pogings om na die Moslemwêreld uit te reik is ernstig en sal Amerikaanse veiligheid verbeter, het pres. Barack Obama van die VSA gesê. Hy het egter erken dat nog werk voorlê.

Obama het Dinsdag in Indonesië, die digs bevolkte Moslemland ter wêreld, aangekom op ’n tweedaagse besoek.

“Met betrekking tot uitreiking aan die Moslemwêreld dink ek ons pogings is dood ernstig en langdurig,” het hy op ’n gesamentlike nuuskonferensie met pres. Susilo Bambang Yudhoyono van Indonesië gesê.

“Ons verwag nie om sommige van die misverstande en wantroue wat oor ’n lang tydperk ontwikkel het heeltemal uit die weg te ruim nie, maar ons dink ons is op die regte pad.”

Obama, wat in sy kinderjare ’n paar jaar in Indonesië gewoon het, ontvang groot steun in Indonesië ondanks ’n daling in vertroue in ander Moslemlande.

Obama het melding gemaak van verskeie Amerikaanse pogings om na die Moslemwêreld uit te reik. Dit sluit in onderwys en sake-inisiatiewe, soos ’n vergadering wat Moslem-entrepreneurs van oor die wêreld heen na Washington geneem het wat hy vanjaar aangebied het.

“Deur verhoudings uit te brei, word vertroue opgebou en dit skep geleenthede vir regstreekse persoonlike kontak.

“Dit sal goed wees vir ons veiligheid, maar sal ook goed wees vir groter verstandhouding tussen Amerika en die Moslemwêreld. Ek dink dis ’n onvoltooide projek en baie werk lê nog voor. Dit gaan nie die behoefte aan taai dialoog oor konkrete beleidskwessies elimineer nie,” het hy gesê.

Obama is ook oor een van dié moeilike beleidskwessies uitgevra, naamlik Israel se planne om 1300 nuwe woonstelle vir Joodse gesinne in die Arabiese Oos-Jerusalem te bou ondanks groot teenkanting van die Palestyne.

“Dit bekommer my dat nie een van die twee partye die ekstra moeite doen wat nodig is om ’n deurbraak te bewerkstellig nie.

“Dit is in die belang van Israeli’s en Palestyne om ’n skikking te bereik, om ’n deurbraak te maak. Maar elk van dié nadelige stappe kan die vertroue tussen die twee partye verbreek.”

Vandag is Obama se laaste dag in Indonesië. Hy sal vervolgens Suid-Korea en Japan besoek as deel van ’n tiendaagse Asiese besoek.

- Reuters

Lees meer oor: barack obama  |  vsa

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.