‘Hang my’- Moembaai-aanvaller
2009-07-22 11:10
Moembai – Die vermeende Islamitiese militant wat verhoor word weens die Moembai-aanvalle verlede jaar het gesê hy’s bereid om te hang nadat hy vandeesweek sy aandeel in dié misdaad erken het.
Regter M.L. Tahaliyani het Woensdag vir Mohammed Ajmal Kasab gevra: “Wil jy hê die wêreld of God moet jou straf?”
Kasab het in reaksie op dié vraag gesê: “As dit die straf is, hang my.”
Dié stelling kom nadat die hof dit oorweeg het om sy besluit om skuldig te pleit, te aanvaar.
Kasab was een van 10 militante wat hotelle in Moembaai aangeval het.
160 mense is in dié aanvalle dood en meer as 300 beseer.
Hy het aanvanklik onskuldig gepleit op 86 aanklagte.
Indien hy skuldig bevind word kan hy moontlik die doodstraf opgelê word.
SAPA-AP