Haïti-dodetal dalk meer as 100 000
2010-01-13 19:59
Washington - Die eersteminister het aan die media gesê dat die dodetal na gister se 7.0 aardbewing “maklik bo 100 000” kan styg.
“Ek hoop dit is nie so nie, want ek hoop die mense het tyd gehad om uit te kom,” het minister Jean-Max Bellerive bygevoeg.
“Op die oomblik is daar so baie mense wat op straat woon, dat dit moeilik is om te bepaal waar almal was toe die aardbewing getref het.
“Maar so baie geboue, so baie woonbuurte, is total en al verwoes.
“In party woonbuurte sien ons nie eers mense nie, so ek weet glad nie waar hulle is nie,” het die minister gesê.
- Sapa