Haïti: Stof tot stof

2010-01-15 07:52
Tweets Share Share line Print

Erika Gibson

Oorlewendes van die verwoestende aardbewing in Haïti het gisternag saam met die lyke in die hoofstad se strate geslaap. Dit is te gevaarlik om in die wankelrige geboue in Port-au-Prince te slaap en daar is geen plek om al die dooies heen te neem nie.

Al hoe meer stofbesmeerde lyke en ledemate is gister op straat uitgedra. Die groot soektog na lewendes én dooies het saam met die ná-skokke voortgeduur. En die uurglas in die versengende tropiese hitte loop vinnig leeg vir enige oorlewendes wat nog vasgekeer is.

“Dit is nie ek wat hier help grawe nie. Dit is die hand van God, wat lief is vir die lewe en my lei sodat ek hierdie baba kan red,” het Jeanwell Antoine gesê terwyl hy met sy kaal hande ’n baba onder ’n hoop rommel uitgegrawe het.

Die aardbewing, wat 7 op die Richterskaal geregistreer het, het die hoofstad in een groot bouval verander.

Sommige mense het die aardskudding oorleef, maar nie hul beserings nie, want daar is nie genoeg mediese sorg nie.

Die dodetal kan selfs meer as 100000 beloop, het Jean-Max Bellerive, premier, gesê. Die Internasionale Rooi Kruis in Haïti se raming is tussen 45000 en 50000.

Die Rooi Kruis het gister ’n webwerf begin waar mense hul vermiste geliefdes se besonderhede kan plaas. Binne enkele ure was daar duisende mense se name op www.icrc.org/familylinks aangeteken.

Op ’n verskeidenheid tuistes op Facebook is die een foto ná die ander geplaas, met byskrifte soos: “Ek soek my ouma. Sy is blind en 81 jaar oud...”

“My suster en haar vyf kinders woon by hierdie adres. Ons weet nie waar hulle is nie.”

“Ons werk teen tyd en ons prioriteit is om oorlewendes te vind,” het me. Elisabeth Byrs, woordvoerder van die Verenigde Nasies se humanitêre koördineringskantoor, gesê.

Noodlenigingspanne het gister van oor die wêreld heen in die land begin aankom met die eerstes uit China en Frankryk.

Die Franse het ook ’n mobiele hospitaal gestuur, terwyl Dokters sonder Grense tydelike veldhospitale onder skuilings buite die hoofstad opgerig het.

Die dokters het in die brandende son gestaan en opereer en wonde toewerk met die toerusting en medikasie tot hul beskikking. Beseerdes is op deure, stukke hout en in kruiwaens aangery.

Die eerste Suid-Afrikaanse hulpspan behoort vandag in die land aan te kom.

Meer as 3 miljoen mense word regstreeks deur die ramp geraak en oudpres. Bill Clinton van die VSA, die Verenigde Nasies se spesiale gesant na Haïti, het gesê ’n sekondêre humanitêre ramp van ’n reusagtige skaal kan volg op die aardbewing.

- Beeld en Sapa-AFP

Lees meer oor: aardbewing in haïti

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.