Haïti: Medisyne raak op
2010-01-29 13:15
Port-au-Prince - Volgens dokters en noodlenigingswerkers is die behandeling van duisende oorlewendes in Haïti ‘n oorweldigende taak.
Basiese mediese voorraad, soos antibiotika en pynstillers, raak gevaarlik min by hospitale in Port-au-Prince sowel as op die platteland.
Dokters kan nie bybly met die oorweldigende aanvraag na medisyne nie.
Dr. Nancy Fleurancois wat in ‘n hospitaal in Jacmel werk, het aan ‘n VN amptenaar gesê sy behandel ten minste 500 pasiënte per dag.
Party van hulle kry vir die heel eerste keer sedert die aardbewing twee weke gelede, enigsins mediese aandag.
Dokters en noodlenigingswerkers is desperaat vir antibiotika en chirurgiese toerusting.
“Ons het nóg hulp nodig,” het sy gesê.
Omtrent 20 000 in Jacmel is dakloos na die verwoestende aardbewing die land geruk het.
- Sapa