Gyselaarsdrama by tronk in Aus
2011-11-14 12:17
Hobart – ‘n Tronkbewaarder is deur ‘n groep gevangenes in ‘n maksimumsekuriteit-afdeling van ‘n tronk in Australië ontvoer, lui berigte.
Volgens die BBC is ‘n ander wag ook vroeër gevange geneem, maar hy is later ná onderhandelinge by die Risdon-gevangenis in Hobart, Tasmanië, vrygelaat.
Luidens berigte het die gevangenes voorwerpe soos skeermesse as wapens gebruik.
“Hierdie is ‘n ernstige voorval en ons fokus is om ‘n positiewe uitkoms te bereik waar geen personeellid of gevangenes beseer word nie,” het Robert Williams, direkteur van korrektiewe dienste, gesê.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter