Grootskaalse terreuraanvalle 'onwaarskynlik'
2011-10-03 22:56
Washington – Barack Obama het gesê dit sal “baie moeilik”
wees vir Al-Kaïda om binne die volgende paar jaar ‘n grootskaalse terreuraanval
op Amerika te loods.
Hy het spesifiek verwys na die aanvalle van 11
September 2001 en gesê dat Al-Kaïda nie sommer ‘n aanval van dié skaal maklik
sal regkry nie.
“Dit gaan vir hulle baie moeilik wees om so ‘n
grootskaalse aanval soos ons op 9/11 beleef het, te herhaal,” het Obama tydens ‘n
onderhoud met Yahoo.com en ABC News gesê.
Hy het egter bygevoeg dat dié ekstremistiese
groep steeds gevaarlik is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP