Groot beloning vir voortvlugtige oudgeneraal
2011-12-27 18:07
Manila – Die Filippynse polisie bied 'n beloning van 500 000 pesos (sowat R293 000) aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van 'n voortvlugtige oudgeneraal.
Dit volg 'n week nadat die hof beveel het dat hy in hegtenis geneem moet word vir die ontvoering van twee vroulike studente-aktiviste.
Nicanor Bartolome, die nasionale polisiehoof, het Dinsdag gesê hy hoop die beloning sal maj.gen. Jovito Palparan motiveer om hom aan owerhede oor te gee.
Palparan het 'n dag voor die streekshof in die noordelike Bulacan-provinsie beveel het dat hy in hegtenis geneem moet word, probeer om na Singapoer te vlug.
Palparan het enige betrokkenheid by die verdwyning van Karen Empeno en Sherlyn Cadapan ontken. Die twee word steeds vermis.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP