Grondverskuiwing begrawe 60, eis vyf
2010-02-23 23:15
Djakarta – ’n Grondverskuiwing by ’n teeplantasie wat deur swaar reënval veroorsaak is, het vyf mense se lewens geëis en oor die 60 werkers begrawe.
Die voorval het Dinsdag by ‘n teeplantasie naby die dorp, Tenjoljaya op Indonesië se hoof-eiland, Java plaasgevind.
Die dood van minstens vyf mense is reeds bevestig.
Geen swaar grondverskuiwingsinstrumente was in daardie gebied beskikbaar nie.
Inwoners het die slagoffers te hulp gesnel en met plaasimplemente en hul eie hande deur die modder na oorlewendes gegrawe, het die polisiehoof, Lt. Kol. Imron Yunus gesê.
Meer as 60 werkers is glo onder die modder en puin begrawe.
Nagenoeg 50 huise naby die Perkebunan Teh Dewata-teeplantasie is ook verwoes.
Vyf lyke is tot dusver vanuit die modder verwyder.
Sofyan Nataprawira, die bestuurder van die rampbeheersentrum het gesê die kanse is goed dat daar sowat 72 gesterf het, het die Antara-nuusagentskap berig.
Nataprawira is aangehaal toe hy gesê het sowat 25 mense is glo in die fabriek en kantoor oorlede.
‘n Ampenaar van die naaste publieke hospitaal in die dorp, Soreang het gesê niemand is tot op hede vir behandel ingebring nie, het die nuusagentskap berig.
Die Rooi Kruis-vereniging het gesê sowat 500 mense is uit hulle huise ontruim en na skuilings in aangrensende dorpe geneem.
-Sap-AP