Groen-dorpe beplan vir Engeland
2009-07-16 02:19
Londen - Die Britse regering het die ligging van vier nuwe lae-energie, koolstof-neutrale dorpe aangekondig. Die doel hiervan is om die land se behuisingskrisis te verlig sonder om die omgewing te benadeel.
Hierdie "groen"-dorpe sal op hernubare energie, innoverende herwinning en waterbesparing stelsels funksioneer.
Amptenare het Donderdag gesê dat hierdie nuwe gemeenskappe in die distrikte van Norfolk, Hampshire en Oxfordshire, Cornwall gebou sal word.
Baie omgewingskundiges is skepties en sê dat die nuwe dorpe groen gebiede sal oorneem en verkeersopeenhopings gaan veroorsaak.
Daar word verwag dat bouery in 2016 sal begin.