Griekse vlieëniers sterf tydens oefening
2010-08-30 09:52
Athene – Nog ’n Griekse vegvlieënier het Sondag aan sy beserings beswyk nadat hy Donderdag in ’n ander lugmagvliegtuig vasgevlieg het, het owerhede gesê.
Die ander loods is op slag dood.
Die loods is Sondagoggend vroeg in ’n hospitaal in Kreta oorlede, volgens die lugmag.
Die ongeluk tussen die twee F-16-vliegtuie het ten tye van ’n vegoefening gebeur.
Griekse vlieëniers is op konstante gereedheidsgrondslag oor die Egeïese See weens aanvalle van Turkse oorlogsvliegtuie in die gebied.
Volg Nuus24 op Twitter.