Griekse taxi-staking duur voort
2011-08-01 21:59
Athene – Die twee-weke taxi-staking in Griekeland het volgens
owerhede die land se toerismebedryf onder “onuithoudbare” druk geplaas.
“Ons doen ‘n beroep op taxi-eienaars om
selfbeheersing toe te pas,” het die Hellenistiese reis- en toeristevereniging
(Hatta), in ‘n verklaring gesê.
“Die skade wat die staking aanrig is van so ‘n
aard dat dit na alle waarskynlikheid nooit sal herstel nie,” het Hatta
gesê.
“Dit kan nie meer aangaan nie.”
“Daar’s ‘n moontlikheid dat ons gaan doodbloei
as ons daarop aandring om onsself in die voet te skiet,” het die Pan-Hellenistiese
bondgenootskap van hotelhouers (Pox) bygevoeg.
Die vakbond vir taxi-bestuurders in Griekeland
het Sondag besluit om die staking voort te sit tot en met die regering instem
om minder nuwe taxi-lisensies uit te reik.
Volg Nuus24 op Twitter.