Griekse taxi-bestuurder ry toeriste verniet rond
2011-08-02 23:06
Athene – Stakende taxi-bestuurders in in Griekeland het
toeriste verniet na die talle argeologiese besienswaardighede geneem.
Dié gratis-geleenthede het deel uitgemaak
van die algehele staking van taxi-bestuurders in Griekeland.
Taxi-bestuurders in dié land is in die middel
van ‘n protesaksie om te betoog teen die regering se uitreiking van ekstra
taxi-lisensies.
Van vroegdag af het taxi-bestuurders paaie wat
na die ministerie van vervoer lei, geblokkeer.
In die noordelike stad van Thessaloniki, het
taxi-bestuurders ‘n taxi aan die brand gesteek en ‘n optog in die middestad
gehou.
Duisende vakansiegangers is deur die staking
beïnvloed deurdat taxi-bestuurders ook paaie na hawepoorte en lughawens geblokkeer het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA