Griekeland 'volgende maand bankrot'

2011-09-13 08:45
Tweets Share Share line Print

Den Haag - Die donderwolke pak al hoe swaarder saam oor Griekeland. Tensy ’n wonderwerk gebeur, sal die land aanstaande maand bankrot speel.

Die Griekse adjunkminister van finansies, Filippos Sachinidis, het Maandag in Athene gesê sy land het geld om sy verpligtinge – salarisse, uitkerings, ensovoorts – tot êrens in Oktober na te kom, maar dan is die geld op. Dis nou tensy die Europese Unie (EU) en Internasionale Monetêre Fonds (IMF) weer tot die Grieke se redding kom.

In beginsel het die EU en IMF ooreengekom om nog bedrae na Griekeland oor te plaas, mits die Griekse regering sy buitensporig spandabelrige beleid verander. (Sy begrotingstekort was verlede jaar meer as 12%, iets waaroor hy gelieg het.

Tien dae gelede het ’n afvaardiging van drie lede van die EU, IMF en Europese Sentrale Bank onverrigter sake uit Athene na Brussel teruggekeer met die oordeel dat die Grieke nie hul beloftes gaan nakom nie.

Die Franse minister van finansies, Valerie Pecresse, het Sondag gedreig Frankryk sal sy bydraes terughou as die Grieke, soos dit lyk, nie hul beloftes uitvoernie. Die Griekse premier, George Papandreou, het Saterdag weer beloof sy regering sal wel doen wat hy moet, maar dit lyk of die res van Europa hom eenvoudig nie glo nie.

Vandaar dat die Duitse minister van ekonomiese sake, Philipp Rösler, Maandag in ’n artikel in Die Welt die moontlikheid van ’n “geordende bankrotskap” van Griekeland geopper het. “Om die euro te stabiliseer, moet daar op kort termyn op ’n nuwe manier gedink word,” het hy geskryf.

Hy het ook ’n voorstel herhaal wat deesdae uit meer oorde gehoor word, naamlik ’n stelsel van “outomatiese sanksies” wanneer lande se begrotingstekort te groot word.

As ’n land bly oortree, moet selfs ’n einde aan sy stemreg in die EU-ministerraad “geen taboe meer wees nie”. As laaste stap moet ’n “geordende bankrotskap” moontlik wees.

Intussen spits die breë openbare debat in Europa hom toe op die vraag hoe ’n domino-effek in die geval van ’n Griekse bankrotskap voorkom kan word. Luidens berigte word die moontlikheid dat Griekeland uit die eurosone geskors word nóg in Duitse regeringskringe nóg in die Europese Kommissie in Brussel uitgesluit. ’n Nederlandse ekonoom, prof. Pieter Korteweg, het gewaarsku dat die EU “op die randjie van ’n afgrond balanseer”.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: griekeland  |  ekonomie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.