Gratis klere eis 63, beseer talle
2010-03-04 12:15
Indië – ’n Plaaslike senior regeringsamptenaar het Donderdag gesê die dodetal ná ’n tragiese stormloop by ‘n tempel in noord-Indië, het tot 63 gestyg.
Ashok Kumar het gesê talle mense het ook beserings opgedoen toe duisende mense by die tempel in Kunda saamgedrom het en mekaar begin vertrap het.
Brij Lal, ‘n plaaslike polisie-amptenaar het gesê gratis klere en benodigdhede is gedurende ‘n religieuse funksie by die Ram Janki-tempel uitgedeel, wat moontlik aanleiding tot die stormloop kon gegee het.
- Sapa-AP